Interhuis gala

Stulting se interhuis gala het op 25 Februarie plaasgevind!

Talle nuwe swemmers het hulle kleurspan te hulp gesnel.  Daar was hierdie jaar ‘n nuwe beginner-resies wat jong swemmers motiveer om deel te neem.  Daar was ook ‘n lekker lawwe aflos waarin die leerders teen hul ouers en die onderwysers geswem het.  Sommige leerders het natuurlik ook van die rekords laat spat!

Die volgende leerders het die beste in hul ouderdoms groepe gevaar:

Dogters:

  • 8 jaar:  Taylor Ridgard
  • 9 jaar:  Jodie Humby
  • 10 jaar:  Clarissa Venter
  • 11 jaar:  Issataya Bredell
  • 12 jaar:  Sone Jacobs

Seuns:

  • 8 jaar:  Thinus le Keller
  • 9 jaar:  Hannes vd Merwe
  • 11 jaar:  Merwe vd Merwe
  • 12 jaar:  Freddy Kotze

Daar was ook ‘n beker vir die swemmer met die meeste uithouvermoë, dit het aan een van ons jongste swemmers, Alcapone Bredell, gegaan.  Baie geluk!

Dit was ‘n heelike dag by die swembad!  Dankie aan al die leerders, ouers en onderwysers wat bygedra het tot die dag se groot sukses.

 

Comments are closed.