Stulting – News (11 – 16 Feb)

Stulting se krieketspan onoorwonne

(Agter van links) Mnr. Stephan Muller, JT Everton, Merwe van der Merwe, Ruan Nel, Larren Smith, Ethan Lewis, Mnr. Lingaster Erasmus Daniël Davis
(Voor van links) WWJ Spangenberg, Callie de Lange, Jake Allan, Adrian Rademeyer (Edrich Ludick afwesig)

Ons is baie trots op die o/11 krieketspan van Laerskool Stulting wat tot dusver al 4 hul wedstryde oor die afgelope tyd gewen het.

Hier volg die resultate:

  • Wen teen Victory met 7 paaltjies
  • Wen teen Hankey met 38 lopies
  • Wen teen Mc Lachlan met 7 paaltjies
  • Wen teen Jeffreysbaai met 6 paaltjies

Baie dankie ook aan hulle afrigters, Mnr. Stephan Muller en Mnr. Lingaster Erasmus, vir puik afrigting.

Mnr. Fourie verjaar!

Laerskool Stulting se adjunkhoof, Mnr. John Fourie, het die 11de Februarie sy verjaarsdag gevier.  Die prefekte het hom al vroeg-vroeg die Maandag ingewag om hom te verras.  Koffie en koek saam met ‘n geldboom (wat nogals regte geldnote dra!) was maar ‘n paar van vele bederfies wat op Mnr. Fourie gewag het.

Baie geluk Mnr. Fourie! Ons wens u ‘n geseënde en voorspoedige lewensjaar toe.

Chess championship

Cayline Carolus from Stulting Primary has been chosen to participate in the 2019 SAJCCC.  This event will be hosted by the Youth Commission under the auspices of Chess SA at the Kopanong Hotel & Conference Centre from the 16th to 23rd of March 2019.  We wish her the best of luck!

Stulting-buitesport-nuus

Edrich Welch is nie ‘n knaap met wie jy sommer sukkel nie. Hy kan goed mik en mis nie graag ‘n teiken nie.

Tydens die onlangse fun shoot wat by Zingela Archery club gehou is, het Edrich ‘n allemuntige 132/200 geskiet. Die hoogste in sy afdeling.

Hulle skiet in verskillende groepe volgens ouderdom en ook volgens die soort boog wat gebruik word. Edrich skiet met ‘n “compound” boog, terwyl sommige eerder verkies om met ‘n tradisionele boog te skiet. Hierdie trotse leerder van Stulting het tot dusver nog vir elke shoot ‘n goue medalje los geskiet. Ons is baie trots daarop en spog graag daarmee!

Horse Jumping

Simone Dechamps het tydens die Preminary test, wat op 4 Februarie by Homestead gehou is, vir vlak 1 sowel as vlak 2 ‘n 1ste plek behaal.

Simone gaan die 22ste en 23ste Februarie saam met die Homestead-span na Olympia Estate Questrian Club toe in George waar sy gaan deelneem aan jumping.

Ons wens haar alle sterkte toe!

Comments are closed.